Copy
Oktober 2015

Mooi woorde van Anneri


Vanjaar was ‘n jaar van eerstes vir Beauty Heaven, veral wat dit die moderne tegnologie betref. Ons het ‘n splinternuwe Facebook-bladsy geskep wat al raak-raak aan 500 ondersteuners. Ons het ‘n skitterblink webwerf wat meer inligting gee oor ons spannetjie, die behandelings en produkte wat die salon bied. Ons het ook ‘n pragtige nuwe handelsmerk! En nou ook ‘n nuusbrief.

Sonder die ondersteuning van ons lojale kliënte wat eintlik maar almal vriendinne word, sou Beauty Heaven nooit hierdie suksesvolle salon kon bly nie. Baie, baie dankie vir julle lojaliteit en ondersteuning.

Geniet ons heel eerste nuusbrief en laat gerus weet wat julle daarvan dink.

Bly mooi,
Anneri en die span

Net vir November!

Jy verdien om mooi te lyk, want jy is die beste jy! In November kan jy jouself bederf met ‘n Pepita-gesigbehandeling en wenkbrou pluk teen net R350.

Kontak Anneri by 072 402 3123 om dadelik ‘n afspraak te maak. 

Lieflike lokke


Wat is dan nou beter as om in die warm somermaande jou pragtige hare syglad en sag te hou? Nicole bied in Oktober en November ‘n spesiale aanbod op Brazillian Blowaves by die salon. Teen net R500 kan jy die swembad en strand aandurf sonder om jou te bekommer dat jy soos ‘n verkeerdeveerhoender gaan lyk.

Bel Nicole by 079 713 7793 om ‘n afspraak te maak
Wen ‘n pedikuur, met kopmassering en –behandeling saam ‘n kolwyntjie en glas wyn (of twee)! Die kompetisie eindig 26 November 2015 en die wenner sal die volgende dag op Beauty Heaven se FB-blad aangekondig word. Enigeen kan deelneem.

Stuur die woord WYN, jou naam, van en die antwoord na 074 500 3915 om in aanmerking te kom.
Die vraag is: Wat is die belangrikste reël om jou hare en vel in die somer te beskerm?

Skud jou sentimeters af!

Net in tyd vir al die jaareindfunksies en strand! Beauty Heaven het nou ook ‘n verslankingsdiens. Kontak Tanya gerus by 079 500 1587 as jy ‘n paar sentimeters wil afskud.

Beauty Heaven Nuus

  • Kyk gerus na ons splinternuwe webwerf by www.beautyheaven.co.za. Laat ons asb. weet wat julle dink, voorstelle is altyd welkom.
  • Ons het haarkapperspasie beskikbaar van 1 November – kontak asb. vir Anneri by  072 402 3123 as jy belangstel.


Wat Nicole sê...


Ek was nog altyd mal oor kleur. Toe ek ‘n klein dogtertjie was kon ek vir ure lank kleure meng en pas terwyl ek inkleur, net om te sien hoe dit lyk. En om my vingers deur ‘n lokkie hare - net reg vir ‘n meesterstuk - te streel... dis hoe ek my kinderdae deurgebring het. Inkleur en borsel.

Dit was eers toe ek ouer raak dat ek besef het ek kan dié twee dinge saamsit deur hare te kleur!

Ek wou alles leer oor hare en kleur en het na skool my skêre by die La Louve Private Hair Academy gaan skerpmaak.

Ek het dit verskriklik geniet om die fyner tegnieke  vir sny, blaas, kleur en stilering geleer en kon nie wag om dit elke dag te begin doen nie. Ek het baie goed presteer in al my vakke, maar kleur was loshande my gunsteling.

Om ‘n stillis te wees is baie harde werk. Jy staan heeldag en lig jou arms ontelbare kere bo jou kop op. Jy moet elke sekonde van die dag kreatief wees en ook die skouer wees was so baie kliënte nodig het wanneer hulle sit en alles laat gaan.

Maar ek is mal daaroor! Die beste deel van my werk is die uitdaging om iets besonders uit iets gewoon te skep. En om dan die effek daarvan op iemand se gesig te beleef. Ek is op my gelukkigste wanneer ek deur mense omring word en hierdie loopbaan maak dit vir my moontlik.

My ma het my altyd vertel dat ‘n verandering... en ‘n haarsny.. so goed is soos ‘n vakansie. Ek is mal daaroor om my kliënte in die middel van die week ‘n welverdiende wegbreek – sonder enige inpak of uitpak – te gee. Ek is so lief vir my werk!  

 

Beskerm jou hare en vel die somer.


Een uit elke drie kankers wat aangemeld word, is ‘n velkanker.

Dié statistiek van die Wêreldgesondheidsorganisasie is veral belangrik in ‘n land soos Suid-Afrika waar ons gereeld in die son is. Die meeste velkanker word deur blootstelling aan die son veroorsaak, hetsy lang tye in die son, kort intense blootstelling of sonbrand.

Die belangrikste reël om te onthou wanneer dit by sonbeskerming kom is om ‘n hoed te dra. Dit beskerm jou gesig en hare teen skadelike sonstrale.

Dit is ook belangrik om eerder tussen elfuur en drieuur in die middag in die skadu te bly en ‘n hemp aan te hou. Moenie vergeet om jou goeie sonbril te dra nie.

Onthou om ‘n sterk sonskerm aan te smeer. Doen dit sommer voordat jy jou klere aantrek om seker te maak jy word regoor jou lyf beskerm.

Geniet die son hierdie somer verantwoordelik.
 
 

Ons winkeltjie!


By Beauty Heaven kan jy ook pragtige houtjuwele koop om jou voorkoms af te rond. Daar is verskeie ontwerpe en kleure beskikbaar.

Houtkrale (tussen R55 en R140)
Houtringe (R50)
Houtoorbelle (tussen R40 en R70)
Houtarmbande (tussen R25 en R65)
Facebook
Facebook
Website
Website
Share
Tweet
Forward
+1
298 Braam Pretoriusweg, Magalieskruin
Anneri - 072 402 3123, Nicole - 079 713 7793, Tanya – 079 500 1587
info@beautyheaven.co.za

You can update your preferences or unsubscribe from this list